Clara Zetkin
Duitse politikus / From Wikipedia, the free encyclopedia
Clara Josephine Zetkin (née Eissner; 5 Julie 1857 – 20 Junie 1933) was 'n Duitse Marxistiese aktivis en kampvegter vir vroueregte. Sy het die eerste Internasionale Vrouedag in 1911 georganiseer om universele stemreg vir alle vroue te eis.[1]
Kitsfeite Persoonlike besonderhede, Gebore ...
Clara Zetkin | |
![]() | |
Parlementslid in die Republiek van Weimar | |
Ampstermyn 6 Junie 1920 – 20 Junie 1933 | |
Persoonlike besonderhede | |
---|---|
Gebore | 5 Julie 1857 Wiederau, Sakse, Duitse Bond (tans Duitsland) |
Sterf | 20 Junie 1933 Moskou, Sowjetunie (tans Rusland) |
Politieke party | Kommunistiese Party van Duitsland |
Eggenoot/-note | Ossip Zetkin George Friedrich (1899-1928) |
Kind(ers) | 2 |
Toekennings | Lenin-Orde, Orde van die Rooi Banier |
Sluit
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1f/Zetkin_luxemburg1910.jpg/640px-Zetkin_luxemburg1910.jpg)
Sy was tot 1917 aktief in Duitsland se Sosiale Demokratiese Party, waarna sy by die Onafhanklike Sosiale Demokratiese Party en sy ver-linkse Spartakusbund aangesluit het. Die Spartakusbund het later die Kommunistiese Party van Duitsland (KPD) geword, wat sy vanaf 1920 tot 1933 verteenwoordig het.