![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Venn-diagram-cinema-verite-direct-cinema-observational-cinema.png/640px-Venn-diagram-cinema-verite-direct-cinema-observational-cinema.png&w=640&q=50)
Cinéma vérité
From Wikipedia, the free encyclopedia
Cinéma vérité (Franse uitspraak: sinema veʁite; Afrikaans: eerlike cinema) is 'n styl van dokumentêre film wat uitgevind is deur Jean Rouch en geïnspireer is deur Dziga Vertov se teorie oor Kino-Pravda. Dit kombineer improvisasie met die gebruik van die kamera ten einde die waarheid te onthul, of om onderwerpe wat agter die ruwe werklikheid weggesteek is, uit te lig. [1][2][3]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Venn-diagram-cinema-verite-direct-cinema-observational-cinema.png/320px-Venn-diagram-cinema-verite-direct-cinema-observational-cinema.png)
Dit word soms waarnemings cinema genoem, [4][5] in die sin van suiwer direkte film: hoofsaaklik sonder oorklanking deur die verteller. Daar is subtiele, maar tog belangrike verskille tussen terme wat soortgelyke begrippe uitdruk. Direkte cinema is grotendeels bemoeid met die opneem van gebeure waarin die onderwerp en die gehoor onbewus raak van die kamera se teenwoordigheid: binne dit wat Bill Nichols,[6]'n Amerikaanse historikus en teoretikus van dokumentêre film, die "waarnemingsmodus" noem; soortgelyk aan 'n vlieg op die muur. Baie mense sien dus 'n paradoks daarin om die aandag af te trek van die teenwoordigheid van die kamera, en om tegelykertyd in te meng in die werklikheid wat dit opneem wanneer hulle probeer om 'n rolprent-gebaseerde waarheid te ontdek.
Cinéma vérité kan gestileerde opset en die interaksie tussen die filmmaker en die onderwerp behels, selfs tot die punt van uitlokking. Sommige persone argumenteer dat die voor-die-hand-liggende teenwoordigheid van die filmmaker en kamera deur die meeste filmmakers van cinéma vérité beskou word as die beste manier om die waarheid in die bioskoop te onthul.[7][8][9] Die kamera se teenwoordigheid word altyd erken, want dit voer die rou en onverfynde daad uit van die verfilming van regte voorwerpe, mense en gebeure, op 'n konfronterende wyse. Die bedoeling van die filmmaker is om die waarheid daar te stel in dit wat hy of sy so objektief moontlik beskou, en om sodoende mense te bevry van enige misleiding met betrekking tot die wyse waarop daardie lewensaspekte vroeër aan hulle voorgehou is. Vanuit hierdie perspektief behoort die filmmaker die katalisator van 'n situasie te wees. Min stem saam oor die betekenis van hierdie terme, selfs die filmmakers wie se films beskryf word.
Pierre Perrault (29 Junie 1927 – 24 Junie 1999) het situasies opgestel en dit verfilm, soos byvoorbeeld in Pour la suite du monde (1963), waar hy ou mense gevra het om vir walvisse te vis. Die resultaat is nie 'n dokumentêr oor walvisvangste nie; dit gaan oor geheue. In hierdie sin is cinéma vérité bemoeid met antropologiese cinema, en die sosiale en politieke implikasies van dit wat op film vasgelê word. Hoe 'n filmmaker 'n film opneem, wat verfilm is, wat om te doen met wat verfilm is, en hoe die film aan 'n gehoor aangebied word, is alles baie belangrik vir filmmakers van die genre.
In alle gevalle moet die etiese en estetiese ontleding van die dokumentêre vorm van die 1950's en 1960's gekoppel word aan 'n kritiese blik op na-oorlogse propaganda-analise. Die beste manier om hierdie soort teater te beskryf, is waarskynlik om te sê dat dit handel oor idees oor die waarheid en die werklikheid in die filmwese. Ook feministiese dokumentêre films van die sewentigerjare het dikwels cinéma-vérité-tegnieke gebruik. Hierdie soort "realisme" is egter gou gekritiseer vir die misleidende pseudo-natuurlike konstruksie van die werklikheid wat dit voorstel.[10][11]
Edgar Morin het die term rondom die tyd van essensiële Cinéma vérité films uit die 1960's soos Primary[12] en tydens sy samewerkingspoging in 1961 met Jean Rouch, getitel Chronique d'un été, geskep.[13]