![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/62/HMS_Courageous_-_geograph.org.uk_-_604832.jpg/640px-HMS_Courageous_-_geograph.org.uk_-_604832.jpg&w=640&q=50)
Churchill-klas duikboot
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Churchill-klas duikboot was 'n klas kernaangedrewe duikbote van die Britse Vloot wat slegs torpedo's gedra het en seemyne kon lê. Hierdie klas was 'n voortsetting van die ontwikkeling van die Valiant-klas duikbote; laasgenoemde is gestaak sodat die Resolution ballistiese-missielduikbote ontwikkel kon word. Daar is drie duikbote van dié klas gebou. Die Churchill en Courageous is deur Vickers gebou en die Conqueror deur Cammell Laird. Die leier in die klas is genoem na Winston Churchill wat as "First Lord of the Admiralty" die ontwikkeling van duikbote aangemoedig het. Hy was ook 'n voorstaander dat duikbote name kry in stede van nommers.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/62/HMS_Courageous_-_geograph.org.uk_-_604832.jpg/320px-HMS_Courageous_-_geograph.org.uk_-_604832.jpg)
Die Churchill-klas het vele verbeteringe ontvang met die ondervinding wat uit die ontwikkeling van die Dreadnought- en Valiant-klasse opgedoen is, veral met die wapens aanboord. Die klas was geoormerk om die Amerikaanse Mk 48 torpedo te gebruik asook die Sub-Harpoon antiskeepsmissiele. Laasgenoemde was egter net in die Courageous geïnstalleer.
Die Churchill-duikbote het aktiewe diens verrig tydens hul operasionele loopbaan; die bekendste insident is die kelder van die ARA General Belgrado deur die Conqueror tydens die Falklandoorlog.
HMS Churchill en HMS Conqueror is uit diens onttrek in 1990 en HMS Courageous in 1992.