![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/23/Valiant_class_submarine_1986.jpeg/640px-Valiant_class_submarine_1986.jpeg&w=640&q=50)
Valiant-klas duikboot
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Valiant-klas duikboot is 'n klas kernaangedrewe duikbote van die Britse Vloot. Alhoewel Groot-Brittanje se eerste kernaangedrewe duikboot, HMS Dreadnought, nog onder konstruksie was kon die lesse reeds geleer oorgedra word na die ontwikkeling van die twee Valiant-klas duikbote: HMS Valiant en HMS Warspite. Die Valiant-klas duikbote is ontwerp om stiller te wees. Die Dreadnought het 'n Amerikaans vervaardigde kernreaktor gebruik terwyl die Valiant-klas duikbote die eerste duikbote was wat Brits vervaardigde kernreaktors gebruik het. Die kernreaktors is deur Rolls-Royce en die Atomic Energy Authority ontwikkel by Dounray, Skotland.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/23/Valiant_class_submarine_1986.jpeg/640px-Valiant_class_submarine_1986.jpeg)
Valiant was in diens gestel in Junie 1966 as deel van die Derde Duikboot Eskader te Faslane. Soos die Dreadnought het sy ook die 19 312 km onderwater vaart na Singapoer voltooi. Sy het dit vermag in 28 dae, 'n nuwe rekord vir sy tyd. Die Valiant se susterskip, die Warspite in April 1967 in diens gestel. Beide duikbote het 'n lang operasionele leeftyd gehad grootliks omrede Brittanje besig was met die ontwikkeling van die Resolution-klas duikbote. Dit het tot gevolg gehad dat Valiant 1 068 148 km en 53 840 ure in sy logboek kon toon. Die werkslading het egter sy tol geëis in Junie 1994 het Valiant enjin probleme ondervind op 'n terugtog vanaf Amerika en 'n maand later uit diens gestel.
Warspite het ook vir 'n lang tydperk aanhoudende diens verrig; in April 1976 het daar egter 'n brand aan boord uitgebreek wat haar vir twee jaar uit diens gestel het. Nadat sy herstel was, is die duikboot na die Falkland-eilande gestuur as deel van die Britse Taakmag toe die Falklandoorlog uit gebreek het. Sy het daarna nog vir nege jaar diens gedoen voor haarlyn krake in die primêre verkoeling stelsel ontdek is. Die duikboot is onmiddellik uit diens gestel.