Christusmonogram
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Christusmonogram of Chi-Rho; ook bekend as die chrismon[1]) is een van die vroegste vorms van die Christogram, gevorm deur die eerste twee (hoof) letters —chi en rho (ΧΡ)—van die Griekse ΧΡΙΣΤΟΣ (verlatyns:Christos) op so 'n wyse te superponeer dat die vertikale streep van die rho die middel van die chi kruis.[2]
Die Chi-Rho simbool is deur die Romeinse Keiser Konstantyn die Grote (r. 306–337 AD) gebruik as deel van 'n militêre vaandel (vexillum). Konstantyn se vaandel was bekend as die Labarum. Vroeë simbole wat soortgelyk is aan die Chi-Rho was die Staurogram () en die IX monogram ().
In voor-Christelike tye is die Chi-Rho simbool ook gebruik om 'n besonders waardevolle of relevante passasie te merk aan die kantlyn van bladsy, met die afkorting van chrēston (goed).[3] Sommige munte van Ptolemeus III Euergetes (r. 246–222 BC)is gemerk met 'n Chi-Rho.[4]
Alhoewel dit uit Griekse karakters gevorm is, word die simbool (of sy afsonderlike dele) gereeld gevind as 'n afkorting in Latynse tekste, met eindes wat toepaslik by 'n Latynse selfstandige naamwoord gevoeg word, dus is XPo aanduidend van Christo, "aan Christus", die datief van Christus,[5] of χρ̅icola, aanduidend van Christicola, "Christelik", in die Latynse lirieke van Sumer is icumen in. [6]