From Wikipedia, the free encyclopedia
Sharon Christa McAuliffe (2 September 1948 – 28 Januarie 1986) was 'n Amerikaanse onderwyseres en ruimtevaarder van Concord, New Hampshire, wat op die pendeltuig Challenger op missie STS-51-L gesterf het terwyl sy 'n loonvragspesialis was.[1]
Christa McAuliffe | |
---|---|
Gebore | Sharon Christa Corrigan 2 September 1948 Boston, Massachusetts, V.S.A. |
Sterf | 28 Januarie 1986 (op 37) Kaap Canaveral, Florida, V.S.A. |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Alma mater | Framingham State College |
Beroep | Onderwyseres en ruimtevaarder |
Eggenoot | Steven J. McAuliffe (trou 1970) |
Kinders | 2 |
Sy het haar baccalaureusgraad in onderwys en geskiedenis aan die Framingham State College in 1970 en haar meestersgraad in onderwys, supervisie en administrasie [2] van die Bowie State University in 1978 ontvang. Sy het in 1983 'n onderwyspos as 'n onderwyser in sosiale studies aan die Concord High School in New Hampshire aanvaar.
In 1985 is McAuliffe uit meer as 11 000 aansoekers gekies vir die NASA Teacher in Space Project en was geskeduleer om die eerste onderwyser te word om in die ruimte vlieg. As 'n lid van missie STS-51-L, was sy van plan om eksperimente uit te voer en twee lesse vanaf Challenger aan te bied. Op 28 Januarie 1986 het die pendeltuig 1 minuut 13 sekondes na lansering uitmekaar gebreek, wat gelei het tot die verlies van almal aan boord. Na haar dood is verskeie skole ter ere van haar vernoem, en sy is in 2004 postuum met die Congressional Space Medal of Honor bekroon.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.