Cannes-rolprentfees 2006
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 59ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 17-28 Mei 2006 gehou. Wong Kar-wai was die eerste Chinese regisseur wat voorsitter van die jurie was.[1] Die Franse akteur Vincent Cassel het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[2] Altesaam 54 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Kitsfeite
Cannes-rolprentfees 2006
| ||
Datum | 17-28 Mei 2006 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Aanbieder | Vincent Cassel | |
Getal prente | 20 (In Kompetisie) 24 (Un Certain Regard) 10 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | The Da Vinci Code | |
Afsluitingsfliek | Transylvania | |
Palme d'Or | The Wind That Shakes the Barley |
Sluit
Die Britse rolprent The Wind That Shakes the Barley, met Ken Loach as regisseur, het die Palme d'Or gewen.[3][4] Die fees is geopen met Wong Kar-wai se The Da Vinci Code[5] en afgesluit met Transylvania van Tony Gatlif.