Cannes-rolprentfees 1982
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 35ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-26 Mei 1982 gehou. Die Italiaanse regisseur Giorgio Strehler was die voorsitter van die jurie. Altesaam 46 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.
Kitsfeite
Cannes-rolprentfees 1982
| ||
Datum | 14-26 Mei 1982 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 22 (In Kompetisie) 16 (Un Certain Regard) 8 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Intolerance | |
Afsluitingsfliek | E.T. the Extra-Terrestrial | |
Palme d'Or | Missing |
Sluit
Die Amerikaanse rolprent Missing van die regisseur Costa Gavras en die Turkse The Way (Yol) van Şerif Gören en Yılmaz Güney het saam die Palme d'Or gewen.[1][2] Die fees is geopen met D.W. Griffith se Intolerance en afgesluit met E.T. the Extra-Terrestrial van Steven Spielberg.[3][4][5]