Côtes-d'Armor
Franse departement / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Côtes-d'Armor is 'n département in die région Bretagne, Frankryk, met 'n oppervlakte van 6 878 km² en sowat 569 500 inwoners (2006). Die naam van die département is afgelei van die Bretonse Arvot - "kusland", maar ook "land in die see" as 'n verwysing na die talle eilande langs die kus, in teenstelling met Argoad, die binneland – en sy vroeëre naam, Côtes-du-Nord (Bretons: Aodoù-an-Arvor).
Côtes-d'Armor (22) | |
---|---|
Gewes | Bretagne |
Prefektuur | Saint-Brieuc |
Onderprefekture | Dinan Guingamp Lannion |
Bevolking | 569 500 inw. (2006) |
Bevolkingsdigtheid | 82 inw./vk km |
Oppervlakte | 6 878 vk km |
Arrondissemente | 4 |
Kantonne | 52 |
Munisipaliteite | 373 |
President van die Conseil général |
Alain Cadec (Les Républicains) |
Die Côtes-d'Armor het 'n kuslyn van 350 kilometer langs die suidelike Engelse Kanaal, met die bekende rotswande van Plouha, die strande van Saint-Michel en die Kus van die Pienk Graniet (Frans: Côte de Granit Rose). Die tradisies en rykdom van die streek is nou met die see verbind, en daar is baie visserhawens met 'n kleurryke geskiedenis.
Die fynproewers vergader in die najaar en lente in die baai van Saint-Brieuc, om van die Sint-Jakobsmossels te proe wat vars gevang is. Die département met sy talle jaghawens is ook 'n paradys vir watersport-entoesiaste.
Die hartland van die Côtes-d'Armor is 'n gebied van pragtige natuurskoon, rustigheid en stilte. Sy kulturele erfenis sluit landelike kastele, ou dorpies, kapelle en megaliete in.