Bus
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Bus is 'n voertuig wat geskik is vir die vervoer van menige passasiers. Sommige busse kan tot 300 passasiers op 'n keer vervoer.[1] Busse word vir allerlei toepassings gebruik, soos geskeduleerde publieke busvervoer, vervoer na skole, privaathuur, toerisme, en ander privaatbedrywe vir 'n wye verskeidenheid doeleindes. In Suid-Afrika val 'n bus in die kategorie "swaarvoertuie" indien dit ontwerp is om meer as 16 persone gemaklik te vervoer.[2]
- Hierdie artikel handel oor die voertuig. Vir die rekenaarbegrip, sien rekenaarbus.
Busse wat deur perde getrek is, is gebruik vanaf die 1820's, gevolg deur stoombusse in die 1830's, en toe elektriese busse in 1882. Die eerste busse met binnebrandenjins, of motorbusse, is in 1895 in Europa in gebruik geneem.[3]