From Wikipedia, the free encyclopedia
Burgerwetenskap is wanneer die algemene publiek, of amateurs, aan wetenskaplike navorsing en ander projekte deelneem.[1][2] Daar is verskille in die presiese definisies van burgerwetenskap; verskillende individue en organisasies het hulle eie spesifieke vertolking van wat dit behels.[1]
Burgerwetenskap word in 'n groot verskeidenheid studievelde gebruik, soos ekologie, biologie en bewaring, gesondheids- en mediese navorsing, sterrekunde, media en kommunikasie, en inligtingswetenskap.[1][3]
Daar is verskillende gebruike en funksies van burgerwetenskap in navorsingsprojekte.[1][3] Dit kan gebruik word as 'n metodologie waar vrywilligers van die publiek help om data in te samel en te klassifiseer, en so die wetenskaplike gemeenskap se kapasiteit vergroot.[3][4] Die publiek kan ook regstreekser deelneem, met groepe wat projekte begin om omgewings- en gesondheidsgevare in hulle eie gemeenskappe na te vors.[3] 'n Deelname in burgerwetenskapprojekte voed ook die publiek op oor die wetenskapproses en vergroot hulle bewustheid van verskillende onderwerpe.[3][5][4]
Sommige skole het leerlinge wat vir dié doel aan burgerwetenskapprojekte deelneem as deel van die skoolleerplan.[5][4][6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.