![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/44/SANDF_Buffalo_Volunteers_Rifles_emblem.jpg/640px-SANDF_Buffalo_Volunteers_Rifles_emblem.jpg&w=640&q=50)
Buffalo Volunteer Rifles
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Buffalo Volunteer Rifles (voorheen 'Kaffrarian Rifles') is 'n reserwemagregiment in die Suid-Afrikaanse Infanteriekorps van die Suid-Afrikaanse Leër, met hoofkwartier in Oos-Londen. Dit bestaan sedert 1876 en het 'n geskiedenis wat aktiewe deelname aan verskeie koloniale veldslae, die Tweede Vryheidsoorlog, die Eerste Wêreldoorlog, die Tweede Wêreldoorlog, die Grensoorlog, en die Noodtoestand insluit. Die regiment het verskeie gevegsonderskeidings verwerf, en oor die jare is baie lede met dekorasies vereer. Sy leuse is Nunc animis ('Nou - met waagmoed!').
Kitsfeite
Buffalo Volunteer Rifles | |
---|---|
Gestig | 1876 |
Land | ![]() ![]() |
Weermagdeel | ![]() |
Onderdeel van | Suid-Afrikaanse Infanteriekorps Weermag Konvensionele Reserwe |
Tipe | Infanterie |
Hoofkwartier | Oos-Londen, Suid-Afrika |
Aantal lede | Een bataljon |
Veldslae | Gaika-Gcaleka 1877 Betsjoeanaland 1897 Suid-Afrika 1899–1902 Suidwes-Afrika 1914–1915 Westelike Woestyn 1941–1943 Bardia, Suidwes-Afrika / Zambië 1979 Suidwes-Afrika / Angola 1975–1976 Suidwes-Afrika / Angola 1976–1989 |
Sluit