From Wikipedia, the free encyclopedia
Bryde se walvis (Balaenoptera brydei) is die onbekendste en in baie opsigte die mees ongewone vinwalvis. Hierdie walvisse is klein (in vergelyking met ander vinwalvisse) en weeg nie meer as 25 ton nie. Hulle verkies ook matige en tropiese waters, in vergelyking met die ander vinwalvisse, wat ook volop in poolstreke is. Hierdie walvisse word ook nader aan die kus aangetref en, alhoewel hulle die karakteristieke baardplate besit wat deur baardwalvisse gebruik word om baie klein diertjies mee te vang, bestaan hulle dieet hoofsaaklik uit vis, veral ansjovis en haring.
Bryde se walvis | |
---|---|
Vergelyking in grootte met die gemiddelde mens | |
Nie genoeg data nie[1] | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. brydei B. edeni |
Binomiale naam | |
Balaenoptera brydei Olsen, 1913 | |
Balaenoptera edeni Anderson, 1879 |
Hulle is wydverspreid in tropiese en subtropiese waters, met 'n afsonderlike, dwergspesie wat in die tropiese waters van die Westelike Stille Oseaan en Suid-Oos-Asië aangetref word. Die walvis is vernoem na Johan Bryde (1858 – 1925) wat vroeg in die 20ste eeu die Sweedse konsul in Suid-Afrika was.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.