Amerikaanse akteur From Wikipedia, the free encyclopedia
Bruce Willis (gebore 19 Maart 1955) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Die Hard (1988), Pulp Fiction (1994), en The Sixth Sense (1999), en in die televisiereeks Moonlighting (1985). In Maart 2022 het Willis se familie aangekondig dat hy gaan aftree nadat hy met 'n toestand wat taalkognisie beïnvloed, gediagnoseer is.
Bruce Willis | |
Willis in 2018 | |
Geboortenaam | Walter Bruce Willis |
---|---|
Geboorte | 19 Maart 1955 Idar-Oberstein, Duitsland |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Kinders | 5, insluitende Rumer Willis |
Beroep(e) | Akteur en vervaardiger |
Aktiewe jare | 1980–nou |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Willis is op 'n Amerikaanse weermagbasis gebore in Wes-Duitsland. Sy pa was Amerikaans en sy ma Duits. Hy het sy kinderjare in New Jersey deurgebring en na hoërskool het hy na New York verhuis om ' n akteur te word. Aanvanklik was dit rolle in toneelstukke.
Willis was met die aktrise Demi Moore getroud van 1987 tot 2000. Een van hul dogters is die aktrise Rumer Glenn Willis (1988). In 2009 trou Willis met die aktrise-model Emma Heming (1978), 22 jaar jonger as hy.
Hy het beroemd geword vir sy rol in die televisiereeks Moonlighting (1985-1989), waarin hy saam met Cybill Shepherd gespeel het. Hy het ook 'n filmloopbaan begin en sy definitiewe deurbraak as filmakteur gemaak met die eerste Die Hard-film in 1988.
As sanger het Willis in 1987 'n top 10-treffer in Nederland gehad met die liedjie Under the Boardwalk. Op 16 Oktober 2006 ontvang Willis 'n ster op die Hollywood Walk of Fame.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.