From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Broodvrugteboom (Artocarpus altilis)[1] is ’n spesie in die familie Moraceae wat in die Suidsee ontstaan en van daar na die res van Oseanië versprei het. Britse en Franse seevaarders het in die laat 18de eeu ’n paar Polinesiese saailinge na die Karibiese Eilande gebring en vandag groei dit in sowat 90 lande in Suid- en Suidoos-Asië, Oseanië, die Karibiese streek, Sentraal-Amerika en Afrika.[2][2] Die naam is afgelei van die tekstuur van die vrug; as dit gekook word, het dit die tekstuur van varsgebakte brood. Dit het ’n aartappelagtige smaak.
Artocarpus altilis | |
---|---|
Die broodvrugteboom Artocarpus altilis in Puerto Rico. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | Artocarpeae |
Genus: | Artocarpus J.R.Forst. & G.Forst. |
Spesie: | A. altilis |
Binomiale naam | |
Artocarpus altilis (Parkinson) Fosberg | |
Voorouers van die Polinesiërs het die bome sowat 3 500 jaar gelede in Noordwes-Nieu-Guinee aangetref. Hulle het dit oral in Oseanië geplant. (Paaseiland en Nieu-Seeland is te koud vir dié bome.) Hul Oos-Indonesiese neefs het die plant wes- en noordwaarts versprei deur Suidoos-Asië. Dit is ook in die Karibiese streek geplant.
Behalwe dat die vrug in baie lande ’n stapelvoedsel was, is die bome se ligte, sterk hout gebruik vir die bou van vlerkproue, skepe en huise.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.