From Wikipedia, the free encyclopedia
Bronisław Maria Komorowski (Pools: [brɔˈɲiswaf kɔmɔˈrɔfskʲi] ; * 4 Junie 1952 in Oborniki Śląskie)[1] is 'n Poolse politikus het vanaf 2010 tot 2015 as president van Pole gedien. Tussen 2007 en 2010 het hy die amp van maarskalk van die Poolse parlement (Sejm) beklee. Tot 2010 was hy lid van die party Burgerplatform (Platforma Obywatelska) en het tussen 2000 en 2001 as minister van verdediging gedien.
Bronisław Komorowski | |
Bronisław Komorowski in 2015 | |
5de President van Pole | |
Ampstermyn 6 Augustus 2010 – 6 Augustus 2015 | |
Eerste minister | Donald Tusk Ewa Kopacz |
---|---|
Voorafgegaan deur | Grzegorz Schetyna (waarnemend) |
Opgevolg deur | Andrzej Duda |
Ampstermyn 10 April 2010 – 8 Julie 2010 | |
Eerste minister | Donald Tusk |
Voorafgegaan deur | Lech Kaczyński |
Opgevolg deur | Bogdan Borusewicz (waarnemend) |
Maarskalk van die Sejm | |
Ampstermyn 5 November 2007 – 8 Julie 2010 | |
President | Lech Kaczyński |
Eerste minister | Jarosław Kaczyński Donald Tusk |
Voorafgegaan deur | Ludwik Dorn |
Opgevolg deur | Grzegorz Schetyna |
Minister van Nasionale Verdediging | |
Ampstermyn 16 Junie 2000 – 19 Oktober 2001 | |
Eerste minister | Jerzy Buzek |
Voorafgegaan deur | Janusz Onyszkiewicz |
Opgevolg deur | Jerzy Szmajdziński |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 4 Junie 1952 Oborniki Śląskie, Pole |
Politieke party | Konserwatiewe Volksparty (tot 2001) Burgerplatform (2001–2010) Onafhanklik (2010–hede) |
Eggenoot/-note | Anna Dziadzia (1977–hede) |
Kind(ers) | Zofia Aleksandra Tadeusz Jan Maria Anna Piotr Zygmunt Elżbieta Jadwiga |
Alma mater | Universiteit van Warskou |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Handtekening |
Nadat die Poolse staatspresident Lech Kaczyński op 10 April 2010 in 'n vliegtuigongeluk naby die Russiese stad Smolensk gesterf het, het Komorowski as president van die parlement - volgens die Poolse grondwet die tweede hoogste amp in die staat - tydelik die amp van staatshoof waargeneem. As kandidaat van die Burgerplatform het Komorowski in die presidensiële verkiesing van 2010 gestaan met 41,22 persent die meeste stemme op hom verenig, maar geen algehele meerderheid behaal nie. Hy het dus in 'n tweede rondte teen Jarosław Kaczyński gestaan, Lech Kaczyński se tweeling en kandidaat van die nasionaal-konserwatiewe party Prawo i Sprawiedliwość ("Reg en Geregtigheid"), wat in die eerste rondte van die verkiesing tweede gekom het. Komorowski is uiteindelik met 'n algehele meerderheid van die uitgebragte stemme as nuwe president van Pole verkies en het die ampseed op 6 Augustus 2010 afgeleë.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.