From Wikipedia, the free encyclopedia
British American Tobacco plc (BAT) is een van die ses grootste sigaretprodusente in die wêreld. Dit beheer 11% van die mark.
British American Tobacco | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 1902 |
Hoofkantoor | Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Sleutelpersone | Richard Burrows (voorsitter) Jack Bowles (hoof- uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | wêreldwyd |
Industrie | Tabak |
Produkte | Sigarette |
Inkomste | £25,877 miljard (2019)[1] |
Bedryfsinkomste | £9,016 miljard (2019)[1] |
Netto inkomste | £5,849 miljard (2019)[1] |
Werknemers | 55 000 (2020)[2] |
Dogter- maatskappye | Reynolds American Imperial Tobacco Canada Bentoel Group Souza Cruz Niemeyer Tekel Pakistan Tobacco Company |
Webwerf | bat.com |
Onder die firma se 200 handelsmerke is die bekendste Peter Stuyvesant, Rembrandt van Rijn, Paul Revere, Benson and Hedges, Lucky Strike, Pall Mall, Dunhill, Rothmans, Lexington, Texan en Kent.
Die firma is in 1902 gestig met sy hoofkantoor in Londen. Dit beskik tans oor 44 fabrieke in 42 lande, 55 000 werknemers wêreldwyd, en tabak word verskaf deur nagenoeg 90 000 boere. Die Suid-Afrikaanse fabriek is in Heidelberg, Gauteng geleë.
BAT se aandele word verhandel op die aandelebeurse van Londen en Johannesburg. Op Anheuser-Busch InBev en Prosus na is dit die grootste maatskappy wat op die Johannesburgse effektebeurs genoteer is. Die grootste aandeelhouers in BAT is The Capital Group Companies, Inc. en Black Rock, Inc.
Ander groot tabakmaatskappye in die wêreld is Philip Morris International, Altria, Imperial Brands, Japan Tobacco International en China Tobacco.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.