Bridewell-paleis (Engels: Bridewell Palace) in Londen, wat oorspronklik ’n woning vir koning Hendrik VIII van Engeland was, het later ’n verbeteringhuis en tronk geword. Die naam "Bridewell" het daarna sinoniem geraak met polisiekantore en plekke van aanhouding in Engeland en ander lande.

Thumb
’n Illustrasie deur Thomas Rowlandson en Augustus Pugin van ’n kamer in Bridewell vir Rudolph Ackermann se boek Microcosm of London (1808–1811). Ackermann verwys na dié kamer as een vir " ’n sekere klas van armsalige vroue" onder die behoeftiges; die noem van ongehude moeders sou waarskynlik onaanvaarbaar vir sy lesers gewees het.

Geskiedenis

Die paleis is aan die oewer van die Fleet-rivier op die terrein van die Middeleeuse St. Bride's Inn gebou vir koning Hendrik VIII, wat tussen 1515 en 1523 daar gewoon het. Dit is genoem na ’n nabygeleë put wat aan sint Brigida opgedra is. ’n Pouslike afvaardiging het in 1528 voorlopige vergaderings hier gehou om die koning se egskeiding van sy eerste vrou, Catharina van Aragon, te bespreek.

In 1553 het Eduard Edward VI die paleis aan die City of London (in Sentraal-Londen) gegee om as huisvesting vir straatkinders en die straf van "wanordelike vroue" te gebruik.

Die paleis is in 1556 in ’n tronk, hospitaal en verbeteringhuis omskep. Die naam "Bridewell" is ook gebruik vir ander tronke in Londen, soos die Clerkenwell Bridewell (wat in 1615 geopen is) en Tothill Fields Bridewell in Westminster. Soortgelyke instellings regdeur Engeland, Ierland en Kanada,[1] sowel as in die Verenigde State,[2] het ook die naam gebruik. Deesdae verwys die term "bridewell" dikwels na ’n stad se hoofplek van aanhouding, gewoonlik naby ’n hofgebou, soos in Nottingham, Leeds, Bristol en Dublin.

Later is ’n skool op die terrein geopen. Die grootste deel van die gebou is in 1666 verwoes in die Groot Brand van Londen en dit is daarna herbou. In 1700 was dit die eerste tronk wat mediese personeel (’n dokter) aangestel het. Die skool het intussen na ’n ander terrein geskuif.

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.