Keltiese taal wat in Frankryk gepraat word From Wikipedia, the free encyclopedia
Bretons of Bretoens (Brezhoneg, [bʁe.ˈzõː.nɛk], Eiland-Keltiese taal, wat ondanks die klassifikasie, in Armorika op die vasteland in die weste van Frankryk gepraat word. Die taal stam dan ook nie af van Gallies nie, maar het ontstaan uit Kornies en ander tale op die Britse Eilande. Tydens die Angel-Saksiese invalle in Britannië teen die begin van die 5de eeu vlug 'n groot aantal Kelte onder die leiding van hul monnike en stamhoofde na Armorika. Hulle neem die taal van Cornwall grotendeels mee en vermeng dit met die Kelties wat in Gallië gepraat is.
) is 'nBretons Brezhoneg | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [bʁeˈzõːnɛk], [brəhõˈnek] | |
Gepraat in: | Frankryk | |
Gebied: | Bretagne | |
Totale sprekers: | 300 000[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Kelties Eiland-Kelties Britonies Bretons | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet (Bretonse variant) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ||
Gereguleer deur: | Ofis Publik ar Brezhoneg ("Kantoor van Bretons") | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | br | |
ISO 639-2: | bre | |
ISO 639-3: | bre | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
'n Persoon wat Bretons praat is voorheen in Frans "bretonnante" genoem, maar in die afgelope aantal jare het die term "brittophone", sy verskyning gemaak en word dit soms gebruik. Bretons word hoofsaaklik in die Weste van Bretagne gepraat (begrens deur 'n lyn tussen Saint Brieuc in die Noorde en Vannes (Bretons: Gwened) in die Suide). Sprekers in Bretagne kan in twee gedeel word: Die wat Bretons praat in Neder-Bretagne (Bretons: Breizh Izel) en die wat Gallo praat in Opper-Bretagne (Bretons: Breizh Uhel). Gallo is 'n klein taal wat van Latyn afstam, en dus Romaans is en nie Keltiese nie, net soos Frans.
Bretons was die taal van die elite tot die 12de eeu, waarna die adel, na hulle mening stylvoller Frans, as standaardtaal verkies. As geskrewe taal word in Bretagne, wat tot die 16de eeu steeds 'n sekere mate van onafhanklikheid geniet, Latyn gebruik, vanaf die 15de eeu wen Frans egter ook op die terrein.
Daar bestaan tans 'n mate van omstredenheid tussen ondersteuners van die Bretonse omgangstaal (Frans: Breton populaire) en ondersteuners van 'n verenigde of standaardtaal.
Bretons word vandag nog deur tussen 300 000 tot 500 000 mense gepraat en verstaan, baie minder as die 1 300 000 in 1930. Die taal word hoofsaaklik deur ouer mense gebruik en word dus met uitsterwing gedreig. Verder kan mens nog opmerk dat in 1900 iedereen in Bretagne nog Bretons geken het, en slegs die helfte van die bevolking Frans gepraat het. In 1950 was daar nog slegs 100 000 mense wat wel Bretons en nie Frans kon praat nie. Die redelike groot getal word nog steeds vinnig minder.
Daar word gemeen dat Bretons nie van die vastelandse Keltiese tale, soos die nou uitgestorwe Gallies afstam nie, alhoewel dit definitief sekere eienskappe daarvan geleen het. Dit stam eerder van Eiland-Britoniese tale af.
Bretons, saam met Kornies en Wallies, is 'n lid van die Britoniese tale, 'n subgroep van die Eiland-Keltiese tale subgroep van die Keltiese tak van die Indo-Europese tale.
Bretons word hoofsaaklik in Westelike Bretagne gepraat, maar ook in 'n meer verspreide wyse in Oostelike Bretagne en in gebiede wat immigrante uit Bretagne ontvang het.
Bretons is die enigste lewende Keltiese taal wat nog steeds nie amptelik erken word nie. Dit is nie 'n amptelike taal van Frankryk nie, ten spyte van beroepe van onafhanklikheidsgesindes en ander wat hulle beywer vir amptelike erkenning, en dat die taal se plek in skole, die media, en ander aspekte van openbare lewe gewaarborg moet word. Tydens die 3de Republiek (1875–1940) probeer die Franse Departement van Onderwys selfs om die Bretonse heeltemal uit te wis. Vandag bied die Franse televisiekanaal France 3 tenminste 'n nuusbulletin in Bretons aan.
'n Poging van die Franse regering om die onafhanklike Bretonse-taal skole (genoem Diwan) in die staatsonderwystelsel te inkorporeer is deur die Franse Grondwetlike Vergadering verhinder op grond daarvan dat, aangesien die Grondwet van die 5de Republiek verklaar dat Frans die taal van die Republiek is, geen ander taal as onderrigmedium in staatskole gebruik mag word nie. Ondanks hierdie probleem is daar tans sowat 30 openbare Diwanskole, wat deur ouers en onderwysers gestig is, met nagenoeg 2 000 skoliere. Die Toubon Wet verklaar dat Frans die taal van openbare onderrig is. Die Departemente Keltologie aan die universiteite van Brest en Rennes bied Bretons as 'n studievak aan, alhoewel 'n Franse diploma in die Keltiese tale die kennis van 'n tweede Keltiese taal vereis.
Nogtans gebruik die streeks- en departementele owerhede Bretons tot 'n baie beperkte mate in soverre hulle toegelaat voel: byvoorbeeld, in aanwysing (veral vir toerisme verwante redes). Sommige tweetalige aanwysings mag ook waargeneem word, soos straatname in dorpies in Bretagne, en op 'n stasie in die Rennes metrostelsel wat aanwysings in beide Frans en Bretons het. Aan die anderkant het baie min winkels of ander privaateiendom in Rennes enige Bretonse aanwysings.
Soos baie ander tale het Bretons 'n aantal dialekte. In Bretons sluit die verskille tussen dialekte uitspraak in die geheel en tot 'n geringe mate ook woordeskat in. Sekere dialekte vertoon ook klein verskille in sintaks. Die verskille tussen dialekte is klein in plekke naby mekaar maar hoe verder 'n mens van 'n spesifieke punt beweeg hoe meer verskil die weergawe van Bretons wat daar gepraat word. In die reël is daar dus nie spesifieke grense tussen die dialekte nie maar eerder 'n geleidelike oorgang.
Tradisioneel word die Bretonse dialekte na aanleiding van ou biskopdomme vernoem:
Vannetais is duidelik onderskeibaar van die ander dialekte en die res word soms saam KLT genoem (afkorting vir Kerne, Leon, Treger : Cornouaille, Léon, Trégor).
Soos in Engels en Gaelies, is daar grammatikale aspekte vir werkwoorde in 'n spesifieke tyd, wat aandui of die handeling voortdurend is. Soos in Engels word 'n onderskeid aangetref tussen 'n voortdurende vorm en 'n progressiewe aspek:
Soos in ander moderne Keltiese tale, word Bretonse voornaamwoorde saamgesmelt met voorafgaande voorsetsels om 'n soort "vervoegde" voorsetsel te vorm. Onder volg 'n paar voorbeelde in Bretons (Léon-dialek) en Iers-Gaelies.
Bretons | Iers Gaelies | Afrikaans | Letterlike vertaling |
---|---|---|---|
ul levr zo ganin | tá leabhar agam | Ek het 'n boek | 'n Boek is by-my |
un died zo ganit | tá deoch agat | jy het 'n drankie | 'n drankie is by-jou |
un urzhiataer zo ganti | tá ríomhaire aige | sy het 'n rekenaar | 'n rekenaar is by-haar |
ur bugel zo gantañ | tá páiste aici | hy het 'n kind | 'n kind is by-hom |
ur c'harr zo ganeomp | tá carr againn | ons het 'n kar | 'n kar is by-ons |
un ti zo ganeoc'h | tá teach agaibh | julle het 'n huis | 'n huis is by-julle |
arc'hant zo ganto | tá airgead acu | hulle het geld | geld is by-hulle |
Bretons het vier aanvanklike konsonantmutasies: moderne Bretons het egter die nasale mutasie van Wallies verloor, dit het ook 'n 'harde' mutasie, waar die stemhebbende 'stops' stemloos word en 'n 'gemengde' mutasie, wat 'n mengsel tussen harde en sagte mutasies is.
Ongemuteerde konsonant | Sagte mutasie | Spirant mutasie | Harde mutasie | Gemengde mutasie |
---|---|---|---|---|
p | b | f | ||
t | d | z | ||
k | g | c'h | ||
b | v | p | v | |
d | z | t | t | |
g | c'h | k | c'h | |
gw | w | kw | w | |
m | v | v |
Bretons word met die Latynse alfabet geskryf. Die Bretonse alfabet bevat nie die letter c op sy eie nie, en het 'n spesiale : c’h, wat tussen die Spaanse jota en 'n harde h uitgespreek word. Diakritiese tekens wat gebruik word is: â, ê, ñ, ô, ù, ü.
Onderstaande tabel vergelyk 'n aantal taal verskynsels in Kornies, Bretons, Gallo, Frans en Afrikaans.
Kornies | Bretons | Gallo | Frans | Afrikaans |
---|---|---|---|---|
gwenenenn | gwenanenn | avètt | abeille | by (insek) |
kador | kado(e)r | chaérr | chaise | stoel |
keus | keuz, fo(u)rmaj | fórmaij | fromage | kaas |
yn mes | er-maez | desort | dehors | buite |
koedha | kouezhañ, kouezho | cheir | tomber | val |
gaver | gavr | biq | chèvre | bokmelkkaas |
chy | ti | ostèu | maison | huis |
gweus | gweuz | lip | lèvre | lip |
ganow | genoù, beg | góll | bouche (gueule) | mond |
niver | niver | limerot | numéro | |
perenn | perenn | peirr | poire | peer |
skol | skol | escoll | école | skool |
gwiwer | kazh-koad, gwiñver | chat-de-boéz | écureuil | eekoring |
sterenn | ster(ed)enn | esteill | étoile | ster |
megy | butunat, fumiñ | betunae | fumer | rook |
hedhyw | hiziv, hidi, hiriv | anoet | aujourd'hui | vandag |
whybana | c'hwibanañ, c’hwitellat, sutal… | sublae | siffler | fluit |
Besoekers aan Bretagne kan die volgende woorde en frases raakloop (veral op aanwysings en plakkate):
Bretons | Afrikaans |
---|---|
deut mat oc'h | welkom |
Breizh | Bretagne |
brezhoneg | Bretons (taal) |
ti | huis |
ti-kêr | stadsaal |
kreizkêr | middestad |
da bep tu | alle rigtings |
skol | skool |
skol-veur | universiteit |
bagad | tradisionele Bretonse musiekgroep (meervoud: bagadoù) |
fest-noz | ceilidh, tradisionele konsert/dans |
kenavo | totsiens |
krampouezh | pannekoek |
sistr | sider (gegiste appelsap) |
Wat die woord Welkom betref, in baie plekke word tekens met "Degemer mat" aangetref, maar eintlik is dit heeltemal verkeerde frase in die konteks, aangesien dit "goeie ontvangs" beteken. At 'n Bretonse spreker "Welkom!" aan iemand sê sal hulle sê "deut mat oc'h", "kom wel u/jy (-is)".
Ander voorbeelde in Afrikaans, Frans en Bretons met die standaarduitspraak in Bretons:
Afrikaans | Frans | Bretons | Standaarduitspraak |
---|---|---|---|
aarde | terre | douar | 'duar |
hemel | ciel | oabl | wabr |
water | eau | dour | du:r |
vuur | feu | tan | tã:n |
man | homme | den | de:n |
vrou | femme | maouez | mow_s |
eet | manger | debriñ | 'dibi |
drink | boire | evañ | 'e:v_ |
groot | grand | bras | bra:s |
klein | petit | bihan | 'bij_n |
nag | nuit | noz | no:s |
dag | jour | deiz | de: |
war vor atao = altyd ter see
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.