Breederivier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Breederivier (ook Breërivier[1]), voorheen ook Fleuve Large,[2] vloei deur van die bekendste wynproduserende streke van Suid-Afrika. Die rivier ontspring in die Warm Bokkeveld met die Skurwe- en Hexrivierberge as opvanggebied, en vorm waar die Titus-, Koekedou- en Dwarsriviere saamkom. In die St. Sebastiaanbaai by Kaap Infanta (westelike oewer) en Witsand en Port Beaufort (oostelike oewer) mond die rivier in die Indiese Oseaan uit. Die mond is 900 meter wyd.
Kitsfeite Breederivier Breërivier, Koördinate: 34°24′S 20°50′O ...
Breederivier Breërivier | |
---|---|
Die Breederivier ongeveer 5 km vanaf sy monding. | |
Stroomgebied | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Oorsprong | Skurweberg, Wes-Kaap |
Sytak -links | sien teks vir sytakke |
Monding | Witsand, Indiese Oseaan |
Lengte | 337 km |
Monding-hoogte | 0 m |
Koördinate: 34°24′S 20°50′O |
Sluit