broodjie wat op die kole tydens 'n braai gerooster word From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Braaibroodjie is 'n broodjie wat op die kole tydens 'n braai gerooster word.[1] Die tradisionele braaibroodjie word met twee snye brood, met ‘n vulsel van gerasperde kaas, snye tamaties, uie, sout, peper en appelkooskonfyt gemaak. Blatjang word ook dikwels as ‘n addisionele smaakmiddel op die brood gesmeer. Die broodsnye word vooraf aan die buitekant gebotter om te verseker dat die braaibroodjie ‘n aantreklike goudbruin kleur het nadat dit oor die kole gebraai is.
Braaibroodjies word gewoonlik as ‘n bykos saam met braaivleis geëet.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.