Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur From Wikipedia, the free encyclopedia
Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is 'n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur. Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met 'n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.
Bouwer Bosch | |
---|---|
Bouwer Bosch tree op in Centurion | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | 1984 Pretoria |
Oorsprong | Potchefstroom |
Genres | Popmusiek |
Beroep(e) | Sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur |
Instrumente | Stem, kitaar |
Jare aktief | 2011 — nou |
Etikette | Kanada Records |
Assosiasies | Straatligkinders, Dans Dans Lisa |
Webwerf | bouwerbosch.co.za |
Bosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf 'n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.
Sy maatskappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo's en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.
In 2017 verduidelik Bosch dat die idee van versoening vir apartheid iets is wat die afgelope twee jaar op sy hart was, en verduidelik dit in 'n onderhoud met Phindile Dhlamini. Hy sê dat mense die apartheidskaart in die media speel, by privaat funksies, en oral waar hy homself bevind, maar nêrens kan hy gesprekke oor apartheid vind waar mense eintlik net na mekaar sit en luister in plaas daarvan op mekaar te skree nie.[1]
Afrikaner-aktivis en sanger Steve Hofmeyr sê dat Bosch se verskoning vir swart mense 'n gevaarlike skuldbelydenis is, en sê dat hy misleidend is en die werklikheid verontagsaam in die verskoning vir apartheid.[2]
Jaar | Albumbesonderhede |
---|---|
2011 | Almal Maak Voute
|
Jaar | Albumbesonderhede |
2016 | Hopelik
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.