Bors
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die bors of toraks (laasgenoemde van die Griekse θώραξ thorax, "borsplaat, borsharnas, borsstuk")[1] is ’n deel van die anatomie van mense en verskeie ander diere. Dit is tussen die nek en abdomen geleë.[2] Die bors sluit die borsholte en borswand in. Dit bevat organe soos die hart, longe en timusklier, sowel as spiere en verskeie ander interne strukture. Baie siektes tas die bors aan, waarvan borspyn een van die bekendste simptome is.
- Hierdie artikel gaan oor die toraks. Vir ’n artikel oor die kliere by primate, sien Borste.
Kitsfeite
Bors | ||
Inligting en eksterne bronne | ||
Die bors is no. 2 op dié skets. Die abdomen is no. 3. | ||
’n X-straalplaat van ’n menslike bors. | ||
Inligting | ||
Latyn | thorax | |
Grieks | θώραξ | |
Aangeheg | Ribbekas Werwelkolom | |
Werking | Bevat en beskerm organe soos die hart en longe, sowel as spiere, ribbes en verskeie ander interne strukture | |
Eksterne bronne | ||
MeSH | D013909 | |
FMA | 9576 |
Sluit