Boris Spasski
Russiese skaakspeler / From Wikipedia, the free encyclopedia
Boris Vasilievich Spasski (gebore 30 Januarie 1937) is 'n Russiese skaakspeler en grootmeester. Hy is 'n voormalige wêreldkampioen vanaf 1969 tot 1972. Spasski het in drie wêreldkampioenskapstryde gespeel: hy het verloor teen Tigran Petrosian in 1966; hy het vir Petrosian gewen in 1969; en verloor teen Bobby Fischer in die bekende 1972-wêreldskaakkampioenskap.
Kitsfeite Naam, Geboorte ...
Boris Spasski | |
Boris Spassky in 1984 | |
Naam | Boris Vasilievich Spassky |
---|---|
Geboorte | 30 Januarie 1937 (1937-01-30) (87 jaar oud) Leningrad |
Nasionaliteit(e) | Rusland |
Titel | Grootmeester in 1955 |
Wêreldkampioen | 1969–1972 |
Sluit
In 1976 het Spasski na Frankryk verhuis en 'n Franse burger geword in 1978. In 2012 het hy teruggekeer na Rusland. Hy is die oudste voormalige wêreldkampioen wat nog lewe.