Boormasjien
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Boormasjien is 'n stuk gereedskap wat gebruik word om gate in voorwerpe te maak.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/11/A_boy_with_Down_syndrome_using_cordless_drill_to_assemble_a_book_case.jpg/260px-A_boy_with_Down_syndrome_using_cordless_drill_to_assemble_a_book_case.jpg)
Aanvanklik kon boormasjiene slegs gate boor met behulp van verskillende groottes boorpunte wat in die kake vasgeklem word.
Sedert die laat 20ste eeu kan 'n elektriese boor:
- Gate boor in byna enige medium (hout, metaal, plastiek, beton, glas, keramiek, laminerings)
- Skroewe in- en uitdraai ('n koordlose boor is veral handig hiervoor)
- Bestaande gate ruim met 'n dikker aanhegsel wat groewe soos 'n vyl het
- Akkurate skuurwerk doen met verskillende soorte koppies, steeltjies en borseltjies
- Poleerwerk ("buff") soos vir motorverfwerk of houtmeubels, met 'n poleer/skuuraanhegsel
- 'n Rolsaaglem akkommodeer wat in die plek van die kake aangeheg word,
en vele meer take.
- Binnekant van 'n elektriese boormasjien
- 'n Moderne staanboor
- Verharde boorpunte vir steen en beton