![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/db/Kornplatz_Bozen_2015.jpg/640px-Kornplatz_Bozen_2015.jpg&w=640&q=50)
Bolzano
munisipaliteit in die Italiaanse / From Wikipedia, the free encyclopedia
Bozen of Bolzano (Italiaans: Bolzano; Duits: Bozen; Ladinies: Balsan/Bulsan) is die hoofstad en grootste stad van die outonome provinsie Suid-Tirol in die outonome gewes Trentino-Suid-Tirol (Italië) met 'n bevolking van 107 739 (soos op 31 Desember 2018) en 'n oppervlakte van 52,3 km². Bozen is geleë langs die Brennerroete, wat Noord- en Suid-Europa met mekaar verbind, en by die samevloeiing van die Etsch- en Eisackriviere. Die belangrikste huistale is Italiaans (73%), Duits (26,29%) en Ladinies (0,71%). As bikulturele stad met Noord-Europese en Mediterreense invloede vervul Bozen al eeue lank 'n belangrike funksie as 'n ontmoetplek vir die Duits- en Italiaanssprekende kultuur- en sakewêreld.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/73/Eppan_-_Buchwald_-_Bozen_v_W%2C_Schlern_01.jpg/640px-Eppan_-_Buchwald_-_Bozen_v_W%2C_Schlern_01.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f2/Anheimelnd%2C_die_Lauben_in_Bozen%2C_S%C3%BCdtirol._02.jpg/640px-Anheimelnd%2C_die_Lauben_in_Bozen%2C_S%C3%BCdtirol._02.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a7/Gries-Bozen_vom_Guntschnaberg_2016.jpg/640px-Gries-Bozen_vom_Guntschnaberg_2016.jpg)
Kaart | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Vlag | |
![]() | |
Land | ![]() |
Administratiewe gewes | ![]() |
Provinsie | ![]() |
Koördinate | 46.498113°N 11.35478°O / 46.498113; 11.35478 |
Stigting | Omstreeks 500 v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 52,3 vk km |
Hoogte bo seevlak | 262 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2018) | 107 739 |
- Bevolkingsdigtheid | 2060/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Renzo Caramaschi |
Amptelike Webwerf | gemeinde.bozen.it |
Bozen is een van die grootste stedelike nedersettings in die Alpegebied, setel van die Suid-Tiroolse regering en parlement, sedert 1964 biskopsetel van die nuutgestigte Rooms-Katolieke diosese Bozen-Brixen en sedert 1997 ook setel van 'n universiteit – die Freie Universität Bozen (met Duits, Italiaans, Engels en Ladinies as onderrigmedia[1]). Die navorsingsaktiwiteite van die universiteit se Ladiniese afdeling fokus op Ladiniese Taalkunde (veral Ladiniese Filologie) en Meertalige Opvoedkunde.[2]