![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/21/Botswana_location_map.svg/langaf-640px-Botswana_location_map.svg.png&w=640&q=50)
Bokspits
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bokspits is 'n nedersetting in die Kgalagadidistrik in Botswana. Dit is die mees-suidelikste nedersetting in Botswana en is digby die grens met Suid-Afrika langs die Kgalagadi Vredespark geleë. Bokspits het 'n laerskool, kliniek, polisiestasie, poskantoor, regeringskantore en verskeie winkels (supermarkte, koöperasie, algemene handelaars, restaurante en 'n hele aantal kroeë en drankwinkels). Bokspits het geweldige groei en ontwikkeling ondervind en spog nou met geteerde paaie en kommunikasienetwerke (be mobile & mascom). Die bevolking het 1069 getel in die 2001 sensus.[2]
Kitsfeite Land, Distrik ...
Bokspits | |
---|---|
Koördinate: 26°53′50″S 20°41′26″O | |
Land | ![]() |
Distrik | Kgalagadidistrik |
Bevolking | |
• Totaal | 507[1] |
Tydsone | SAST |
Sluit