Die Bog van Benin of Baai van Benin is 'n baai langs die kus van Wes-Afrika in die noordweste van die Golf van Guinee, wat in die Atlantiese Oseaan lê. Dit strek van Kaap Three Points in Ghana in die weste tot aan die Nigerdelta in Nigerië in die ooste, waar die baai in die Golf van Bonny oorgaan. Daartussen lê die lande Togo en Benin.

Bog van Benin
Thumb
Die kus van Benin met Cotonou se hawe op die agtergrond.
Thumb
Kaart van die Golf van Guinee, met die Bog van Benin in die noorde.
Koördinate:05°N 02°O
Ligging:Ghana, Togo, Benin, Nigerië
Soort:Baai van die Atlantiese Oseaan
Lengte:300 km
Breedte:640 km
Invloei:Volta
Nedersettings:Cotonou

Die baai is bekend vir sy dreigende getye en was vir lank met die slawehandel verbind. Talle mense is in die tyd in die baai oorlede. Die oewers van die baai staan as die Goudkus en die Slawekus bekend.

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.