![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9e/Anacampseros_rufescens3_ies.jpg/640px-Anacampseros_rufescens3_ies.jpg&w=640&q=50)
Boesmansuring
From Wikipedia, the free encyclopedia
Boesmansuring (Anacampseros rufescens (Haw.) Sweet) is 'n vetplantjie wat endemies is aan Suid-Afrika en voorkom in Oos-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys.[1]
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Boesmansuring | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Anacampserotaceae |
Genus: | Anacampseros |
Spesie: | A. rufescens |
Binomiale naam | |
Anacampseros rufescens (Haw.) Sweet | |
Sinonieme | |
|
Sluit
Die plant groei op kaal vlaktes of klipperige hellings in die ooste van die Nama-Karoo of die Oos-Kaapse berge. Gewoonlik is daar min reën en ekstreme temperature. Die jong blare is tydens die winterreëns groen van kleur, maar in die droë tyd kan dit rooierig of perserig word. Die saadjies ontkiem gemaklik en die plant groei nou ook buite Suid-Afrika as tuin- of kamerplante.[2]