Bloedbad van Nanjing
1937 massamoord deur die Japannese weermag From Wikipedia, the free encyclopedia
1937 massamoord deur die Japannese weermag From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bloedbad van Nanjing of Nanjing-bloedbad (Vereenvoudigde Chinees: 南京 大 屠杀; Tradisionele Chinees: 南京 大 屠殺; Pinyin: Nánjīng dà túshā) is 'n grootskaalse massamoord wat die Japannese Imperiale Leër tydens die Tweede Sino-Japannese Oorlog gepleeg het. Die massamoord het begin nadat die Japannese die destydse Chinese hoofstad Nanjing (voorheen ook bekend as Nanking) oorgeneem het op 13 Desember 1937, na 'n beleg. Die gebeurtenis staan ook bekend as die "verkragting van Nanjing". Dit is moeilik om 'n einde aan te dui, maar die slagting is ten minste tot die begin van Februarie 1938 voortgesit.
Tydens die besetting van Nanjing het die Japannese keiserlike leër talle misdade gepleeg soos verkragtings, plundering, brandstigting en moord op gevangenes en burgerlikes. Alhoewel die teregstellings begin het met die verskoning om Chinese soldate wat as burgerlikes geklee was uit te skakel, was daar baie slagoffers onder die burgerlike bevolking. Baie mans is doelbewus verkeerd geïdentifiseer as soldate, en sodra die moorde begin het, is mense lukraak vermoor. As gevolg daarvan het talle vroue en kinders slagoffers geword.
Die onderwerp self en die skaal waarop die moorde plaasgevind het, is steeds die onderwerp van 'n hewige debat tussen Japan en die Volksrepubliek China. In China word die aantal burgerlike slagoffers geskat op 300 000.[1] Japannese ramings wissel van 100 000 tot 200 000.[2] Party ekstremiste beweer selfs dat slegs 'n paar honderd burgerlikes vermoor is of dat geen bloedbad plaasgevind het nie.[3]
Oor die algemeen erken die Westerse lande die skatting van 300 000 sterftes.[4] Dit is deels te wyte aan ooggetuie-verslae en bewaarde fotos en argeologiese navorsing. Op grond hiervan het die Tokio-proses die massamoord as bewys beskou. Die sukses van Iris Chang se "Rape of Nanking" het die bewussyn van die bloedbad in die Weste versterk en die skatting van 300 000 sterftes. Besprekings oor die massamoord veroorsaak steeds spanning in die verhouding tussen Japan en China.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.