From Wikipedia, the free encyclopedia
Die blastula (van die Griekse βλαστός blastos, "loot") is ’n hol sfeer van selle, wat blastomere genoem word, wat ’n binneste vloeistofgevulde holte (die blastoseel) omring wat in ’n vroeë stadium van embrio-ontwikkeling in diere ontstaan.[1]
Embrio-ontwikkeling begin met ’n sperm wat ’n eier bevrug om ’n sigoot te vorm wat baie kliewings ondergaan voordat dit ontwikkel in ’n bol selle bekend as die morula. Die vroeë embrio word eers ’n bastula wanneer die blastoseel gevorm het. Die volgende stadium is die vorming van die gastrula, waar die kiemlae van die embrio vorm.[2]
’n Algemene eienskap van gewerweldes se blastula is dat dit bestaan uit ’n laag blastomere, bekend as die blastoderm, wat die blastoseel omring.[3][4] In soogdiere word die blastula die blastosist genoem. Die blastosist bevat ’n embrioblas (of interne selmassa) wat eindelik sal ontwikkel in die bepalende strukture van die fetus, en die trofoblas, wat die weefsel buite die embrio vorm.[2][5]
Die bestudering van die blastula en van selspesifikasie het baie implikasies vir stamselnavorsing, sowel as die voortdurende verbetering van vrugbaarheidsbehandelings.[5] Embrioniese stamselle is ’n terrein wat, hoewel dit omstrede is, geweldige potensiaal het vir die behandeling van siektes. Deur die manipulasie van selseine tydens die blastulastadium van ontwikkeling kan verskeie soorte weefsel gevorm word. Dié vermoë kan belangrik wees vir herskeppende medisyne in siekte- en beseringsgevalle.
In vitro-bevrugting behels die inplanting van ’n blastula in die baarmoeder.[6] Blastulaselinplantings kan moontlik lei tot ’n einde aan onvrugbaarheid.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.