Noord-Amerikaanse spesie van bisons From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Amerikaanse bison (Bison bison), ook bekend as die Amerikaanse buffel, is 'n Noord-Amerikaanse spesie van bisons wat eens in groot troppe oor die grasvelde van Noord-Amerika getrek het. Hulle het byna uitgesterf deur 'n kombinasie van kommersiële jag en slagting in die 19de eeu en die blootstelling aan siektes in mak beeste, maar toon 'n onlangse oplewing in getalle wat grootliks beperk is tot 'n paar nasionale parke en reservate. Hul historiese beweegarea het rofweg bestaan uit 'n driehoek tussen die Groot Beremeer in Kanada se verre noordwes, suid-om die Meksikaanse deelstate Durango en Nuevo Leon, en oos van die Atlantiese kus van die Verenigde State vanaf New York tot in Georgia en volgens sommige bronne suid tot in Florida. Bisons is so onlangs as 1750 in Noord-Carolina waargeneem, naby Buffalo Ford langs die Catawbarivier.[2][3]
Amerikaanse bison | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | Ruminantia |
Familie: | |
Subfamilie: | Bovinae |
Genus: | Bison |
Spesie: | B. bison (Linnaeus, 1758) |
subspesies | |
| |
Verspreiding van die Amerikaanse buffel | |
Sinonieme | |
Bos americanus |
Twee subspesies of ekotipes is reeds beskryf: die vlaktebison (B. b. bison) – kleiner in grootte en met 'n meer geronde bult, en die bosbison (B. b. athabascae) – die groter van die twee met 'n langer, vierkantige bult.[4][5][6][7][8][9] Verder blyk dit dat die vlaktebison moontlik bestaan uit 'n noord- (B. b. montanae) en 'n suid-subspesie, dit bring die totaal op drie te staan.[7] Die bosbison is een van die grootste wildspesies van bovides in die wêreld, en word slegs oortref deur die Asiatiese gaur en wilde waterbuffels. Dit is die grootste lewende landdier in die Amerikas.
Die Amerikaanse bison is die nasionale soogdier van die Verenigde State van Amerika.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.