![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/07/Biotecnologia_Fase3.png/640px-Biotecnologia_Fase3.png&w=640&q=50)
Biotegnologie
gebruik van lewende stelsels en organismes om nuttige produkte te ontwikkel of maak / From Wikipedia, the free encyclopedia
Biotegnologie is die gebruik van lewende sisteme en organismes om produkte te ontwikkel, of "enige tegnologiese aansoek wat gebruik maak van biologiese stelsels, lewende organismes, of afgeleides daarvan, produkte of prosesse te maak of te verander vir 'n spesifieke gebruik" (VN se Konvensie oor Biologiese Diversiteit, Art. 2).[1] Afhangende van die gereedskap en programme, oorvleuel dit dikwels met die (verwante) velde van biologiese ingenieurswese, biomediese ingenieurswese, biovervaardiging, molekulêre ingenieurswese, ens.
Subklas van | tegnologie![]() |
---|---|
Onderdeel van | tegnologie, biologie![]() |
Geskiedenis van die onderwerp | geskiedenis van biotegnologie![]() |
Beoefen deur | biotegnoloog![]() |
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8c/Insulincrystals.jpg/640px-Insulincrystals.jpg)
Vir duisende jare, het die mensdom biotegnologie gebruik in landbou, die produksie van voedsel, en medisyne.[2] Dit is hoofsaaklik geglo dat die term in 1919 geskep is deur die Hongaarse ingenieur Károly Ereky. In die laat 20ste en vroeë 21ste eeu, het biotegnologie uitgebrei om nuwe en diverse wetenskappe soos genomika, rekombinante gene tegnieke, toegepaste immunologie, en die ontwikkeling van farmaseutiese terapie en diagnostiese toetse in te sluit.