From Wikipedia, the free encyclopedia
William Franklin Graham, Jr., ook bekend as Billy Graham (1918-2018), was 'n Amerikaanse evangelis en wêreldbekende godsdienstige en politieke leier.
Billy Graham | |
---|---|
Billy Graham in 1993 | |
Gebore | William Franklin Graham Jr. 7 November 1918 |
Sterf | 21 Februarie 2018 (op 99) Montreat, Noord-Carolina |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Evangelis |
Titel | Doktor (ere) |
Eggenoot | Ruth Graham (1943–2007; haar dood) |
Kinders | Virginia, Anne, Ruth Graham, William III, and Nelson |
Ouer(s) | William Franklin Graham, Sr. Morrow, née Coffey |
Webwerf | www.billygraham.org |
Handtekening | |
Hy het die Evangelie van Christus aan meer mense as enigiemand anders in die geskiedenis gepreek.[1] Meer as 210 miljoen mense in meer as 185 lande en gebiede, waaronder elke land van die voormalige Oosblok, het sy stem gehoor en sy gesig gesien.
Ontelbare miljoene meer is deur televisie, video, boeke en rolprente bereik. Hy het vriende gemaak met verskeie wêreldleiers waaronder koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk, die Pous en amper elke Amerikaanse president na Truman. Hy het ook verskeie toekennings en eredoktorate van verskeie instellings in die Verenigde State en oorsee ontvang.
William Franklin Graham jr (Billy) is op 7 November 1918 gebore as seun van William Franklin en Morrow Coffey Graham. Sy pa, 'n suksesvolle boer en sakeman, het 'n melkplaas in Charlotte, Noord-Carolina, begin waar Billy, sy broer en twee sussies groot geword het.
In 1934, op die ouderdom van sestien, het Graham sy lewe aan Jesus Christus toegewy deur die opwekkingsdienste van Mordecai Fowler Ham, 'n kontroversiële reisende evangelis wat Charlotte besoek het.
In die herfs van 1936 het hy begin om die fundamentalistiese skool, Bob Jones Kollege, by te woon, maar na 'n paar maande opgehou weens die klimaat en Dr Jones se streng reëls. Daarna het hy oorgegaan na Florida Bybelskool waar hy in 1939 tydens die Suidelike Baptiste Konvensie verordineer is. Ter uitbreiding van sy onderrig, is hy na Wheaton Kollege in Illinois waar hy in 1943 met 'n BA in antropologie gegradueer het.
Op 13 Augustus 1943 is hy met Ruth McCue Bell, 'n medestudent en die dogter van 'n sendelingchirurg, getroud. In dieselfde jaar word hy pastoor van die Eerste Baptiste Kerk van Western Springs, Illinois, sy eerste en laaste pastoraat.
Na sy graduering, het Graham aangesluit by Jeug vir Christus, 'n organisasie wat ontstaan het uit die Christelike byeenkomste wat in die middelveertigerjare regoor die land vir weermagmans en ander jong mense gehou is. In 1945 het Graham buiteverteenwoordiger van Jeug vir Christus Internasionaal geword en begin om JVC-byeenkomste te reël en toesprake te lewer.
Graham het hom in 1949 tot grootskaalse evangelisme gewend en 'n reeks toere in die Verenigde State en Europa onderneem. Sy charismatiese persoonlikheid, selfvertroue en welsprekendheid het gehore van tot honderde duisende mense getrek en sy kruistogte is dikwels vir weke verleng.
Graham het in 1950 die Billy Graham Evangelistiese Assosiasie (BGEA) begin. Afgesien van kruistogte en evangelistiese byeenkomste, sluit BGEA se aktiwiteite ook die volgende in:
Billy Graham het ook 24 boeke geskryf wat almal topverkopers geword het.
Sy vrou Ruth is oorlede. Hulle het drie dogters, twee seuns, negentien kleinkinders en verskeie agterkleinkinders.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.