From Wikipedia, the free encyclopedia
Beta Volantis, of β Vol, is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Vlieënde Vis (Volans). Dit het ’n skynbare magnitude van 3,75[3] en kan dus met die blote oog gesien word. Volgens parallaksmetings is dit sowat 107,5 ligjare van die Son af; dit beweeg weg teen ’n radiale snelheid van 27 km/s.[8]
Beta Volantis
| ||||
Die ligging van Beta Volantis (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Vlieënde Vis | |||
Spektraaltipe | K2 III[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 08h 25m 44.19472s[2] | |||
Deklinasie | -66° 08′ 12.8050″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,75[3] | |||
Absolute magnitude (M) | 1,18[4] | |||
B-V-kleurindeks | +1,13[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,62±0,20[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 41±3[5] | |||
Temperatuur (K) | 4 546[5] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,01[6] | |||
Ander name | ||||
CD-65°648, GJ 3499, HD 71878, HIP 41312, HR 3347, SAO 250228[7] | ||||
|
Dit is ’n oranje enkelster[9] met ’n sterreklassifikasie van K2 III,[1] wat aandui dit is ’n geëvolueerde K-tipe reusester. Dit is ’n rooiklontster,[10] wat beteken dit lê op die horisontale tak en verbrand helium in sy kern. Beta Volantis se massa is sowat 1,6 keer dié van die Son,[5] maar sy ligsterkte is 41 keer die Son s’n. Die effektiewe temperatuur van sy vergrote fotosfeer is 4 546 K.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.