From Wikipedia, the free encyclopedia
Kornephoros (ook bekend as Beta Herculis of β Her) is ’n dubbelster, en met ’n basiese skynbare magnitude van 2,81 die helderste ster in die noordelike sterrebeeld Hercules.[10] Dit is vermoedelik ’n veranderlike ster waarvan die skynbare magnitude tot 2,76 kan styg.[11] Volgens parallaksmetings is dit 139 ligjare van die Son af.[2]
Kornephoros
| ||||
Kornephoros se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Hercules | |||
Bayer-naam | Beta Herculis | |||
Spektraaltipe | A: G7 IIIa[1] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 16h 30m 13.19955s[2] | |||
Deklinasie | +21° 29′ 22.6008″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,81[3] | |||
Absolute magnitude (M) | -0,49 ± 0,10[4] | |||
B-V-kleurindeks | +0,70[3] | |||
U-B-kleurindeks | +0,91[3] | |||
Wentelperiode | 410,6 dae | |||
Besonderhede | ||||
Komponent 1 | A | |||
Massa (M☉) | 2,9[5] | |||
Radius (R☉) | 17[6] | |||
Ligsterkte (L☉) | 151[6] | |||
Temperatuur (K) | 4 887[6] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 3[6] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,27[6] | |||
Komponent 2 | B | |||
Massa (M☉) | 0,9[5] | |||
Eienskappe | ||||
Afstand (ligjaar) | 139 | |||
Veranderlikheid | Vermoed | |||
Veelvoudigheid | Dubbelster | |||
Ander name | ||||
Rutilicus, 27 Herculis, BD+21 2934, FK5 618, HD 148856, HIP 80816, HR 6148, SAO 84411, WDS 16302+2129A/Aa.[7][8][9] | ||||
|
Hoewel Beta Herculis met die blote oog soos een ster lyk, het die Amerikaanse sterrekundige W.W. Campbell in Julie 1899 uit spektroskopiese metings ontdek sy radiale snelheid wissel en dat hy dus ’n metgesel het.[12]
Die wentelperiode van die twee komponente is sowat 410 dae. Die primêre ster het ’n sterreklassifikasie van G7 IIIa,[1] wat aandui dis ’n reusester wat al die waterstof in sy kern opgebruik en van die hoofreeks wegbeweeg het. Sy massa is amper drie keer dié van die Son, maar hy het al so uitgesit dat sy radius 17 keer die Son s’n is.[6] Die effektiewe temperatuur van die ster se buitekant is sowat 4 887 K,[6] wat dit die geel skynsel van ’n G-tipe ster gee.[13] Die sekondêre ster se massa is net 90% van die Son s'n.[1]
Die ster se Bayer-naam is "Beta Herculis" en sy Flamsteed-naam "27 Herculis". Die tradisionele name is "Kornephoros", ’n Griekse woord wat "knuppeldraer" beteken, en "Rutilicus", ’n verdraaiing van die Latynse woord titillicus, "armholte".
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Kornephoros" vir die ster goedgekeur.[14]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.