From Wikipedia, the free encyclopedia
Beta Camelopardalis (afgekort as β Cam) is die helderste ster in die noordelike sterrebeeld Kameelperd (Camelopardalis). Met ’n skynbare magnitude van 4,02 is dit dofweg met die blote oog te sien.[3] Dit is sowat 870 ligjare van die Son af en beweeg nader teen ’n radiale snelheid van -190 km/s.[9]
Beta Camelopardalis
| ||||
Die ligging van Beta Camelopardalis (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Kameelperd | |||
Spektraaltipe | G1 Ib–IIa[1] | |||
Soort | Superreus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 03m 25.08963s[2] | |||
Deklinasie | +60° 26′ 32.0895″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 4,02[3] | |||
Absolute magnitude (M) | −3,1[4] | |||
B-V-kleurindeks | +0,93[3] | |||
U-B-kleurindeks | +0,62[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 6,5[1] | |||
Radius (R☉) | 58±13[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 1 592[6] | |||
Ouderdom (jaar) | 63 miljoen[1] | |||
Temperatuur (K) | 5 300[1] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 11,7[7] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | −0,06[8] | |||
Ander name | ||||
β Cam, 10 Camelopardalis, BD+60° 856, FK5 182, HD 31910, HIP 23522, HR 1603, SAO 13351, J05034+6027, ADS 3615 A | ||||
|
Die ster is ’n G-tipe superreus van spektraaltipe G1 Ib–IIa.[1] Dit is na raming 60 miljoen jaar oud en draai met ’n spoed van sowat 11,7 km/s.[7] Dit is ’n besonder vinnige rotasiespoed vir ’n geëvolueerde ster van hierdie soort. Een moontlike verklaring is dat dit ’n nabygeleë reuseplaneet soos ’n warm Jupiter verorber het.[10]
Beta Camelopardalis se massa is 6,5[1] keer dié van die Son en dit het uitgesit tot sowat 58 sonradiusse.[5] Sy ligsterkte is 1 592 keer[6] soveel as die Son s’n en dit het ’n effektiewe temperatuur van 5 300 K.[1] Dit is ’n bron van X-strale.[11]
β Cam het twee visuele[12] metgeselle: ’n A5-tipe ster met ’n magnitude van 7 teen ’n skeidingshoek van 84 boogsekondes; en ’n ster met ’n magnitude van 12 teen 15 boogsekondes.[13]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.