Egiptiese god From Wikipedia, the free encyclopedia
Bes (soms ook Bisoe) was in die Egiptiese mitologie die beskermer van huishoudings, in besonder ma's, kinders en geboortes. Hy is later beskou as die beskermer van enigiets goeds en die vyand van alles wat slegs is. Hoewel studies in die verlede daarop gedui het dat hy ’n Middelryk-invoer uit Nubië was, dui meer onlangse navorsing aan hy was sedert die begin van die Ou Ryk deel van die Egiptiese godsdiens. Hy is al in voordinastiese kulture van die Nylvallei genoem, maar sy kultus het nie versprei voor die begin van die Nuwe Ryk nie.
Bes | ||||
Beel van Bes uit Sirië in die Istanboelse Argeologiese Museum. | ||||
Soort god | Egipties | |||
God van | Geluk, vrugbaarheid en die kunste | |||
Kultussentrum | Nuwe Ryk | |||
Simbool | Volstruisveer | |||
|
Moderne geleerdes soos James Romano glo Bes was in die vroegste uitbeeldings ’n leeu wat op sy agterpote staan.[1] Ná die Derde Oorgangstydperk is hy dikwels uitgebeeld as net ’n kop, en dié is dikwels as ’n gelukbringer gedra.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.