From Wikipedia, the free encyclopedia
Berthiëriet is 'n mineraal met die chemiese formule FeSb2S4.[1] Dit is na die Franse chemikus en mineraloog Pierre Berthier (1782-1861) genoem.
Berthiëriet | |
---|---|
Formule | FeSb2S4 |
Onsuiwerhede | Mn, Cu, Pb, Ag |
Kleur | donkerstaalgrys |
Glans | metallies |
Hardheid | 2-3 (Mohs) |
Digtheid | 4,64 g/cm3 |
Ruimtegroep | Pnam |
Strukturbericht-kode | E3₃ |
Eenheidsel | a = 11.44 Å, b = 14.12 Å, c = 3.76 Å |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Die berthiërietstruktuur is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se E3₃-struktuur. Die simmetrie is ortorombies en die getal formule-eenhede in die sel Z=4.
atoom | nr. | x | y | z |
---|---|---|---|---|
Fe | 0.316 | 0.334 | +¼ | |
Sb | I | 0.145 | 0.062 | +¼ |
Sb | II | 0.037 | 0.386 | -¼ |
S | I | 0.195 | 0.272 | -¼ |
S | II | 0.424 | 0.184 | +¼ |
S | III | 0.226 | 0.492 | +¼ |
S | IV | 0.451 | 0.405 | -¼ |
Die antimoonatome is omring deur drie swaelatome. Twee van die swaelatome word gedeel met die volgende SbS3-groep. Dit vorm SbS2-kettings ewewydig aan die c-as. Daar is nogtans twee verskillende antimoonatome wat se omringing effens anders is. Die ysteratome is omring deur 'n versteurde oktaëder van swaelatome. Hierdie oktaëders deel 'n rand met die volgende oktaëder wat 'n ketting vorm in die c-rigting. [2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.