Berlynwaterval
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Berlynwaterval is in Mpumalanga, Suid-Afrika op die R532-streeksroete, naby die Lisbonwaterval.[1] Die waterval is genoem na buitelandse mynwerkers se tuisstad, Berlyn in Duitsland. Die waterval word gevoed deur die Watervalspruit en val 80 m na benede tot in 'n sirkelvormige waterpoel wat deur rooi rotskranse afgesper word.[2]Die val het die vorm van 'n kers, met die eerste kort val die pit, en die res ondertoe die kers se lyf.[2]