Mons
hoofstad, handel- en kulturele sentrum van die Belgiese provinsie Hainaut (Wallonië) / From Wikipedia, the free encyclopedia
Mons ook bekend as Bergen[1] in Afrikaans (Pikardies: Mon, Wallonies: Mont, Duits: Bergen (verouderd), Nederlands: Bergen) is die hoofstad, handel- en kulturele sentrum van die Belgiese provinsie Hainaut (Wallonië).
- Hierdie artikel handel oor die Belgiese stad in Wallonië.
Vir nedersettings in Frankryk en ander betekenisse, sien gerus Mons (dubbelsinnigheid).
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | België |
Gewes (deelstaat) | Wallonië |
Koördinate | 50°27′N 3°57′O |
Stigting | Romeinse castrum |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 146,53 vk km |
Hoogte bo seevlak | - m bo seespieël |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2017) | 94 957 |
- Bevolkingsdigtheid | 648/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Burgemeester | Elio Di Rupo (PS) |
Amptelike Webwerf | mons.be |
Sedert 31 Maart 1967 huisves Mons ook die Militêre Hoofkwartier van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), SHAPE (Supreme Headquarters Allied Powers Europe).
Die stad het sy naam te danke aan die geografiese ligging en is oorspronklik op een van die vyf heuwels in die riviervlakte van die Haine gestig. In die tydperk tussen die 9de en die 15de eeu was Mons die setel van die grawe van Hainaut. Mons lê digby die Franse grens in die Borinage, die voormalige sentrum van die steenkoolmynbou in België, en word deur middel van kanale met die Schelderivier en die kanaal van Brussel-Charleroi verbind.