Benni McCarthy
From Wikipedia, the free encyclopedia
Benedict Saul McCarthy (gebore op 12 November 1977 in Kaapstad), bynaam Benni McCarthy, is 'n voormalige professionele Suid-Afrikaanse sokkerspeler. Hy het as aanvaller vir verskeie sokkerklubs en die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan gespeel. McCarthy het ook vir twee seisoene onder kontrak by AFC Ajax gespeel.
Kitsfeite Persoonlike inligting, Geboortenaam ...
Foto van Benni McCarthy tydens 'n oefensessie | |||
Persoonlike inligting | |||
---|---|---|---|
Geboortenaam | Benedict Saul McCarthy[1] | ||
Gebore | 11 Desember 1977 (1977-12-11) (46 jaar oud) | ||
Geboorteplek | Kaapstad, Suid-Afrika | ||
Lengte | 1,83 m[2] | ||
Speelposisie | Aanvaller | ||
Jeugloopbaan | |||
Young Pirates | |||
Crusaders | |||
Seniorloopbaan* | |||
Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
1995–1997 | Seven Stars | 56 | (38) |
1997–1999 | Ajax | 36 | (20) |
1999–2003 | Celta Vigo | 66 | (10) |
2002 | → Porto (leen) | 11 | (12) |
2003–2006 | Porto | 74 | (34) |
2006–2010 | Blackburn Rovers | 109 | (37) |
2010–2011 | West Ham United | 11 | (0) |
2011–2013 | Orlando Pirates | 24 | (10) |
Totaal | 387 | (161) | |
Nasionale span‡ | |||
– | Suid-Afrika O23 | 13 | |
1997–2012 | Suid-Afrika | 80 | (32) |
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga. en korrek soos op 17:36, 13 Junie 2012 (UTC). † Kere uitgedraf (Doele). |
Sluit
McCarthy is nie vir die finale span van 23 spelers wat op 1 Junie 2010 aangekondig is vir die 2010 Wêreldbeker-groep gekies nie omdat hy na bewering oorgewig en nie fiks was nie.[3][4] Later is beweer dat hy vroue in sy hotelkamer in Sandton getrakteer het en dat die afrigter, Carlos Parreira, besluit het om hom uit die span te laat.[5]