From Wikipedia, the free encyclopedia
Benediktus van Nursia OSB (Latyn: Benedictus Nursiae; Italiaans: Benedetto da Norcia; 2 Maart 480 - 21 Maart 548) was 'n Christelike heilige wat in die Katolieke Kerk, Oosters-Ortodokse Kerk, Oriëntaal-Ortodokse Kerke en die Anglikaanse Gemeenskap vereer word, asook in die Ou Katolieke Kerke.[3] Hy is 'n beskermheilige van Europa.[4]
Benediktus van Nursia | |
---|---|
Sint Benediktus op 'n Oosters-Ortodokse ikoon, met Latynse inskripsie. | |
Stigter van die Benediktynse Orde, duiweluitdrywer, mistikus, ab van Monte Cassino en vader van Westerse monastisisme | |
Gebore | 2 Maart 480, Nursia (nou Norcia) |
Sterfte | 21 Maart 547[1][2], Monte Cassino |
Vereer in | Alle Christelike denominasies wat heiliges vereer |
Heiligverklaring | 1220, Rome, deur pous Honorius III |
Feesdag | 11 Julie (Algemene Rooomse kalender, Anglikaanse Gemeenskap) 14 Maart (Oosters-Ortodokse Kerk) |
Benediktus het 12 gemeenskappe vir monnike gestig in Subiaco, Lazio, Italië (sowat 65 km oos van Rome), voordat hy na Monte Cassino in die berge van Sentraal-Italië is. Die Orde van Sint Benediktus het later ontstaan en is nie 'n orde in die gewone sin van die woord nie, maar 'n konfederasie van outonome gemeentes.[5]
Benediktus is veral bekend vir die Reël van Sint Benediktus, 'n stel voorskrifte vir sy monnike om te volg. Dit toon 'n unieke gees van balans, matigheid en redelikheid, wat die meeste Christelike godsdiensgemeenskappe wat in die Middeleeue gestig is, oortuig het om dit te aanvaar. As gevolg daarvan het die reël een van die invloedrykste godsdiensregulasies in die Westerse Christendom geword. Giuseppe Carletti beskou sint Benediktus daarom as die stigter van Westerse Christelike monastisisme.[6]
Benediktus het die voorskrifte in 516 geskryf[7] vir monnike wat in 'n gemeenskap onder die gesag van 'n ab woon. Dit bevat 73 kort hoofstukke. Dit bevat twee aspekte: spiritueel (hoe om 'n lewe op aarde te lei wat om Christus gesentreer is) en administratief (hoe om 'n klooster doeltreffend te bestuur). Meer as die helfte van die hoofstukke beskryf hoe om nederig en gehoorsaam te wees, en wat om te doen as 'n lid van die gemeenskap nie is nie.
Na aanleiding van die goue reël ora et labora ("bid en werk") het die monnike elke dag agt uur lank gebid, agt uur geslaap en agt uur aan handearbeid, die lees van heilige geskrifte en welsyn bestee.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.