From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bell 206 is 'n familie van tweelem-, enkel- en tweemotorige helikopters, vervaardig deur Bell Helicopter in sy fabriek in Mirabel, Quebec. Dit is oorspronklik ontwikkel as die Bell YOH-4 vir die Amerikaanse Leër se Ligte Waarnemingshelikopterprogram, maar is nie deur die weermag aangekoop nie. Bell het die tuig herontwerp as die suksesvolle vyf-sitplek Bell 206A JetRanger en dit daarna kommersieel bemark. Die nuwe ontwerp is uiteindelik deur die weermag gekies as die OH-58 Kiowa. Bell het ook 'n sewe-sitplek LongRanger ontwikkel, wat later aangebied is met 'n tweemotorige opsie as die TwinRanger, terwyl Tridair Helicopters 'n soortgelyke omskakeling bied van die LongRanger genaamd die Gemini ST. Die ICAO-toegekende modelbenaming "B06" word gebruik in vlugplanne vir die JetRanger en LongRanger, en die benaming "B06T" word gebruik vir die tweemotorige TwinRangers.
Bell 206 JetRanger/LongRanger | |
---|---|
Tipe | Nutshelikopter |
Vervaardiger | Bell Helicopter |
Nooiensvlug | 8 Desember 1962[1] |
Bekendstelling | 1967 |
Status | Aktiewe diens |
Vervaardig | 1962–2017 |
Aantal gebou | 7 300[2] |
Eenheidskoste | ongeveer VS$900 000 tot $1,2 miljoen[2] |
Ontwikkel van | Bell YOH-4 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.