From Wikipedia, the free encyclopedia
Bastnäsiet is 'n groep van minerale met algemene formule LnCO3F waarin Ln= La, Ce, Y , Nd en ander lantaniede. Die naam is afgelei van die Sweedse dorp Bastnäs waar dit die eerste keer gevind is.
Bastnäsiet | |
---|---|
Formule | CeCO3F |
Kleur | geel, rooierigbruin |
Glans | glasagtig, vetterig, pêrelagtig |
Hardheid | 4 - 4,5 (Mohs) |
Optiese eienskappe | |
Dubbelbreking | eenassig (+) |
RI-waardes | nω = 1.717 - 1.722 nε = 1.818 - 1.823 |
Kristallografie | |
Ruimtegroep | P6c2 |
Strukturbericht-kode | G7₁ |
Eenheidsel | a = 7.118(1) Å, c = 9.762(1) Å[1] |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Afhanklik van watter Ln-metale dit bevat word verskeie minerale onderskei, soos:
Hierde minerale is saam met monasiet die belangrikste bron van lantaniede.
Bastnäsiet-Ce wat die formule CeCO3F het is die argetipe van die G7₁-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Dit het 'n heksagonale eenheidsel met ruimtegroep P62c en Z=6. Die atoomposisies is:[2]
Die trigonale karbonaatgroepe (CO3) en die seriumatome is in 'n WC-tipe rooster gerangskik. Die fluooratome word in trigonale holtes tussen die seriumatome aangetref. Die seriumatoom het negevoudige omringing in 'n drievoudiggekapte trigonale prisma (F3O6)
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.