Basmala
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Basmala (Arabies: بسملة), ook Bismillah (Arabies: بسم الله, "In die naam van Allah")[1] is die naam van die Islamitiese spreuk b-ismi-llāhi r-raḥmāni r-raḥīmi بِسْمِ اللهِ الرَّحْمٰنِ الرَّحِيْمِ "In die naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige".
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/27/Basmala.svg/220px-Basmala.svg.png)
Die spreuk word deur Moslems in verskeie kontekste gebruik, byvoorbeeld tydens daaglikse gebed. Dit word ook voor elke soera (hoofstuk) van die Koran, behalwe vir die negende, geresiteer.