From Wikipedia, the free encyclopedia
Barnard 68 is ’n molekulêre wolk, donker of Bok-newel in die rigting van die suidelike sterrebeeld Slangdraer. Dit is sowat 400 ligjare, nog goed in die Melkweg, weg geleë, so naby dat nie ’n enkele ster tussen die newel en die Aarde gesien kan word nie. Die Amerikaanse sterrekundige Edward Emerson Barnard het dit in 1919 in sy katalogus opgeneem.[3]
Barnard 68 | ||||
Soort newel | Donker (Bok-newel) | |||
Sterrebeeld | Slangdraer[1] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 17h 22m 38.2s [2] | |||
Deklinasie | -23° 49′ 34″ [2] | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 500[1] | |||
Skynbare grootte | ½ ligjaar | |||
Massa | ~2 M☉ | |||
Ander name | ||||
LDN 57 | ||||
|
Vanweë sy ondeursigtigheid is die newel uiters koud in die middel, sowat 16 kelvin (−257 °C). Die massa daarvan is omtrent twee keer dié van die Son en dit is sowat ’n halwe ligjaar breed.[1]
Al is die newel ondeursigtig, is danksy die Baie Groot Teleskoop vasgestel sowat 3 700 sterre van die Melkweg word daardeur geblokkeer. Van hulle is sowat 1 000 by infrarooigolflengtes sigbaar.[4] Sorgvuldige meting van die graad van blokkering het gelei tot ’n goeie kartering van die stofverspreiding in die wolk.[5][6] Nog noukeuriger waarnemings is gedoen met die Herschel-ruimtesterrewag.[7]
Die ligging van ’n donker wolk in die nabyheid van die Son vergemaklik waarneming en meting aansienlik. As dit nie deur eksterne kragte beïnvloed word nie, is die stabiliteit van ’n stofwolk ’n fyn balans tussen uitwaartse druk wat deur die hitte en druk van die wolk se inhoud veroorsaak word, en die inwaartse swaartekrag. Vir die wolk om ’n ster te word, moet swaartekrag vir lank genoeg die oorhand kry om die wolk te laat instort en ’n temperatuur en digtheid te skep wat kernfusie tot gevolg het.
Barnard 68 se goed gedefinieerde grense en ander eienskappe dui daarop dat dit op die punt is om in te stort en binne die volgende 200 000 jaar of so ’n ster te word.[8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.