chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Bariumnitraat is 'n sout van barium en salpetersuur. Die formule is Ba(NO3)2.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Bariumnitraat |
IUSTC-naam | Bariumnitraat |
Chemiese formule | Ba(NO3)2 |
Molêre massa | 261,34[g/mol][1] |
CAS-nommer | 10022-31-8[1] |
Voorkoms | kleurlose of wit vastestof[1] |
Reuk | reukloos[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=811,21pm[1] |
Ruimtegroep | Pa3[1] |
Nommer | 205 |
Strukturbericht | G2₁ |
Smeltpunt | 590 °C [1] |
Kookpunt | (ontbind)[1] |
Digtheid | 3,24 g/cm3 @23 °C [1] |
Oplosbaarheid | 103 g/L @25 °C[1] |
Ksp | 4,64 x 10-3 [2] |
Cp(s) | 151,4 [J/molK][1] |
ΔfHɵ | -988 [kJ/mol][1] |
Sɵf(s) | 214,0 [J/molK][1] |
ΔfGɵ | -792,57 [kJ/ml][1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar[1] |
LD50 | 355 [mg/kg] (rot; oraal) [1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Bariumnitraat kristalliseer in die kubiese struktuur van lood(II)nitraat,[3] G21 in die strukturbericht-klassifikasie.
Bariumnitraat kan gevorm word deur bariumkarbonaat in salpetersuur op te los:[4]
By verhitting ontbind dit tot bariumoksied:[4]
Dit word gebruik om bariumperoksied te maak en vir 'n groen kleur in vuurwerk.[1]
Bariumnitraatkristalle word gebruik as 'n medium in Ramanlasers. Hierdie mediums word met 'n ander laser gepomp en lewer dan deur gestimuleerde Ramanemissie laserlig met 'n verskuifde golflengte. Bariumnitraat is een van die belangrikste kristalle vir vaste-toestand Raman-verskuiwing in terme van die Raman-versterkingskoëffisiënt. Bariumnitraat beskik ook oor 'n matige breë deursigtigheidsgebied (0,33-1,8 μm) en 'n hoë skadedrempel. Nadele van bariumnitraatkristal is lae termiese geleidingsvermoë (1,17 W/mK) en hoë elektro-optiese koëffisiënt (dn/dT = -20 × 10-6K-1), wat lei tot 'n termiese lenseffek. Die kristal is sag en higroskopies, daarom moet dit met omsigtigheid behandel word.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.