Die Barbertonse bergsuikerbos (Protea comptonii) is 'n blomdraende boom wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is inheems in Mpumalanga, Eswatini en die Drakensberg-eskarp in KwaZulu-Natal. Die boom word 4-8 m hoog, die kruin is gerond en oop. Die stam word tot 500 mm in deursnee. Die boom se bas is grys, kurkagtig en word tot 200 mm dik.
Barbertonse bergsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. comptonii |
Binomiale naam | |
Protea comptonii Beard, 1958 | |
In Engels staan dit as die Saddleback sugarbush bekend. Die boom se FSA-nommer is 88[1].
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.