'n Bakkie (ook ligte afleweringswa of nutsvoertuig) is 'n ligte voertuig met 'n oop bak waarop 'n vrag vervoer kan word en geskei is van die kajuit. Dié soort voertuie staan onder verskeie benamings in ander lande bekend. In Australië en Nieu-Seeland staan die voertuie as 'n ute bekend (afkomstig van die Engels vir "Coupe utility") en in Amerika as 'n pickup truck. Die Nissan 1400 is 'n sprekende voorbeeld van die tipe bakkie wat vir jare lank baie gewild was in Suid-Afrika[1][2] Verskeie kajuitsoorte word in bakkies aangetref:

  • Enkelkajuit (met twee aparte sitplekke, of 'n banksitplek, wat hoogstens drie volwassenes kan vervoer)
  • Superkajuit (ook super cab, club cab of extended cab). Hierdie soort bakkie is baie gewild in Suid-Afrika omdat dit meer kajuitruimte bied maar ook die voordeel het dat BTW teruggeëis kan word anders as in die geval van dubbelkajuite.[3][4]
  • Dubbelkajuit – hierdie bakkies se kajuite het tipies sitplek vir 4 tot 5 volwasse insittendes.
  • Bo-askajuit (Chassis cab, Cab forward) – hierdie bakkies se kajuite word bo die as gemonteer. Die Hyundai H-100 (oorsee Hyundai Porter genoem) is 'n sprekende voorbeeld van dié soort kajuit.[5]
Thumb
'n Nissan-bakkie

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.